V&A
Word finansieel selfversorgend en onafhanklik
Kontaknommer
+27 82 459 6316
E-pos
info@mentorvennoot.co.za
Hoofkantoor
Hoofstraat 206, Paarl 7646
Vrae & Antwoorde
Ons is ‘n Nie-Winsgewende Organisasie (OSW of NPO) wat jongmense bewus maak van Entrepreneurskap.
Watter programme bied MentorVennoot aan?
- Snapspel
- Entrepreneurklubs by skole
- Mentorvennoot Verenigings in dorpe
- Entrepreneurkompetisies
- Onderwysersforum vir onderwysers
- Leierskapontwikkeling by skole ( tans in beplanning)
Die Snapspel is ’n simulasie van werklike besigheidsomstandighede waar die gevolge van besigheidsbesluite wat onder druk geneem word en ook in finansiële terme gemeet word.
Wat sê die onderwysers van die spel?
Die Snap uitdaging is uiters gepas vir alle Hoërskool leerlinge wat belangstel in die besigheidswêreld. Die algemene gevoel van my leerlinge is dat hulle meer in een oggend geleer het, as in die hele jaar in die klas.
- Dit het my oë oopgemaak dat ’n mens alle geleenthede moet aangryp en nie bang moet wees om risiko’s te neem nie.
- Dit was die beste program wat ek nog bygewoon het.
- Absoluut fantasties!
- Dit berei jongmense voor om ’n suksesstorie te maak
- Dit het my ook laat besef dat ’n mens permanent hard moet werk.
- Ek sal dit aanbeveel, want dit skep ’n veilige omgewing waar ’n mens kan leer en ervaar wat in die werklike besigheid gebeur.
Volgens Dr Frans Cronje (verslag in Die Burger Augustus 2017) sal 2 uit elke 3 skoolverlaters in 2017 nie in die arbeidsmark werk kry nie.
Daar is tans geen kostes aan verbonde nie! Die Snapspel word geborg deur Mentorvennoot.
Wat word van die skool verwag?
Die skool besluit wie die kinders is wat sal baat vind by die program, kies ’n geskikte datum en verskaf ’n lokaal.
Die Snapspel duur hoogstens ses uur en kan enige tyd in die week of naweek gedoen word.
Ja, aan die einde van die jaar kroon ons ’n wenskool en ’n wenspan. Beide ontvang ten minste R6 000 en kry ook ’n trofee wat permanent in hulle vertoonkas sal kan staan.
Het jy ’n vraag? Stuur vir ons ’n epos.
[wpforms id=”25337″]